top of page
Tuisblad
Untitled-5.png

industriele gebou te huur 

80m² tot >5000m²

Selfberging (Self storage)

1m² tot >80m²

20200407_102038.jpg

gestig 1966

WIE IS ONS

Wie is ons

Die Ontstaan van Boet du Plessis Edms Bpk

Upington… dit was Boet du Plessis se dorp. Hy het ‘n ontwrikbare vertroue in Upington en sy mense gehad, Toe hy in 1964 op Upington begin bou het, was daar nie sprake van ‘n industriële gebied nie. Die Spilhaus gebou (waar Kaap Agri vandag is) was so aan die  kant van die dorp dat Cafe Royal wat ‘n koeldrank fabriek gehad het, nie kans gesien het om ‘n koeldrank yskas aan hom te verhuur nie, want wie sou dan nou dáár koeldrank koop. Die Spilhaus gebou het Boet du Plessis op versoek van die Spilhaus Groep vir hulle gebou terwyl hy as bestuurder vir hulle werksaam was. Met moeite, teenkanting en baie angs het hy alleen die geld bymekaar geskraap om die  kompleks met werkswinkel, kafee en petrolstasie te bou. Die werkswinkel het hy aan Spilhaus verhuur, Frank’s Cafe aan ‘n ander persoon en die petrolstasie het hy self hanteer. 

Michael Marius du Plessis is op 25 Februarie 1930 in Kenhardt gebore. Hy was alom bekend as Boet. As oudste seun van drie kinders moes hy op 16 jarige ouderdom die skool verlaat om te help verdien. Met standerd 7 agter sy naam begin hy in ‘n winkel in Upington  vir ₤10 per maand werk. 1949 het ‘n vriend van hom, Floors Eigelaar (jonger broer van Johnnie Eigelaar), vir hom ‘n werk in ‘n winkel in Velddrift vir ₤20 per maand gekry. Met die rykdom koop hy ‘n koei en verkoop plaaslik die botter en melk. Entrepeneur wat hy was, besit hy later drie koeie.

 

Teen 1952 keer hy na Upington terug en begin by Spilhaus werk. Sy eerlikheid, deursettingsvermoeë en sy vermoeë om potensiaal raak te sien het nie ongesiens verby gegaan nie. 

 

3 Januarie 1959 trou hy met Helene le Riche, ‘n Engelssprekende meisie van die Kaap. Sy het ‘n graad in geologie gehad. Met haar sagte en kalme geaardheid ondersteun sy hom om matriek te voltooi. Uit die huwelik word vier seuns gebore.

20200407_102220.jpg
20200407_102106.jpg
20200407_102151.jpg

Terwyl Boet nog vir Spilhaus gewerk het, het die Barlows firma op aanbeveling van Jeremy Spilhaus ‘n versoek aan Boet gerig om vir hulle ‘n  industriële gebou te bou. Boet koop ‘n erf in Industria (wat in omgangstaal as die Ou Industriële Gebied bekend staan) en bou ‘n stoor vir hulle. Myngroepe het begin prospekteer en Rio Tinto benodig ook ‘n gebou. Dit is die eerste gebou wat Boet in die Laboria gebied (Nuwe Industriële Gebied)  gebou het. Die gebou is in Soutpanstraat geleë. Rio Tinto huur die gebou vir 20 jaar. Daarna huur Group 5 (Savage and Lovemore) die gebou vir ongeveer nog 20 jaar.

Boet verlaat Spilhaus om voltyds eiendomsontwikkelaar te word. Hy stig Boet du Plessis Edms Bpk in 1966. Hy bou aanvanklik huise, verkoop hulle en koop industriële grond. Om geboue op te rig moes hy geld leen en moes soms tot 25% rente betaal. 

 

So woeker Boet du Plessis Edms Bpk voort. Later word Upingrow Investments Edms Bpk bygevoeg. Alles het nie vanself gekom nie - dit het harde werk, opofferings en besigheidsvernuf gevra.’n Opvallende karaktertrek van Boet du Plessis was sy geloof in die sout-van-die-aarde mense (hy het ‘n renons in vertoon gehad) en sy wil om die omgewing en sy mense te dien. 

IMG_0014.JPG
IMG_0002.JPG

Boet se betrokkenheid by sy huurders se wel en weë het het tot blywende verbintenisse gelei. Van die huurders van die Boet du Plessis Groep  huur al meer as 30 jaar. Boet du Plessis Edms Bpk poog vandag nog om aan Boet se leef-en-laat-leef manier van besigheid doen, te voldoen. Die besighede behoort nog aan die vier seuns - Frank, Jeremy, Marius en André. Frank doen vandag die dag tot dag bestuur van die Boet du Plessis Groep. Tans is daar 46 huurders.

bl.jpg
IMG_0992.JPG
Portefeulje

Portefeulje oorsig

Upington1.jpg
Kontak ons

Kontak ons

ADRES

Kontak vorm

Soutpanstraat 32, Upington, 8801, Suid Afrika

Kontak ons

Epos: eleanor@upington.net

Kontak: (+27) 82 7899 798

Dankie, ons kom terug.

Van ons huurders

logo_2x.png
tecsa-loading-logo.png
news24_owler_20160229_223045_original.pn
logo11.png
ellies_logo.png
logo-249x128-74.jpg
logo.png
logo.jpg
Masshire-Logo-01.jpg
adco-franchisedirectory.jpg
time-freight-logo.png
58382707_392190014716258_114879936679483
logo (1).png
toyota-forklift-logo.jpg
download (1).jpeg
download.jpeg
PODit LOGO_with tagline REVISED for web
New holland agri culture.jpg
bottom of page